Creative Commons License Deed

Erkenning-GeenAfleidings 2.0 Japan (CC BY-ND 2.0)

Vrywaring

Die Commons-akte is nie 'n lisensie nie. Dit is eenvoudig 'n nuttige naslaanwerk om die Regskode (die volledige lisensie) te verstaan — dit is 'n maklik verstaanbare weergawe van sommige van die vernaamste bepalings. Hierdie akte het self nie regswaarde nie en die inhoud daarvan kom nie in die eintlike lisensie voor nie. Die werklike bepalings van die lisensie word uiteengesit in die Regskode. Klik asseblief hier om die volledige lisensie te sien.

Creative Commons en Creative Commons Japan is nie regsfirmas nie en die verspreiding of vertoon van, of skakeling na, die Commons-akte maak nie 'n aanbod van regsadvies of enige regsdiens uit nie. Creative Commons en Creative Commons Japan is nie 'n party by die Lisensie wat onderliggend is aan hierdie Commons-akte nie en aanvaar geen aanspreeklikheid vir skadevergoeding wat spruit uit die gebruik van die Commons-akte en die onderliggende Lisensie nie.

Die Produk wat ingevolge die Creative Commons-lisensie gelisensieer is, is verskaf deur die persoon wat om die Lisensie aansoek gedoen het. Creative Commons en Creative Commons Japan waarborg nie die lisensiegewer se regsaanspraak nie. Lees asseblief hier vir inligting oor die toepassing van lisensies en die benutting van die Produk wat ingevolge die Creative Commons-lisensie gelisensieer is.

Dit is 'n maklik leesbare opsomming hierdie van die Regskode (die volledige lisensie).